|

AFRIFORUM VERWELKOM DIE UITSPRAAK RAKENDE DIE MUNISIPALE VERKIESING

Die burgerregteorganisasie AfriForum verwelkom die Konstitusionele Hof se uitspraak om nié die munisipale verkiesing buite die grondwetlike raamwerk uit te stel nie. Dit kom nadat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aansoek gedoen het om die munisipale verkiesing na Februarie 2022 uit te stel. Hierdie aansoek is geloods ná ’n aanbeveling vanaf oud-adjunkregter Dikgang Moseneke in ’n verslag wat hy aan die OVK oorhandig het.

Volgens Morné Mostert, bestuurder van Plaaslikeregeringsake by AfriForum, is hierdie ’n oorwinning vir die beskerming van Suid-Afrikaners se stemreg, maar sal dit ook potensieel ’n impak op ander regte binne die Grondwet hê. “Munisipale dienslewering is in ’n chaotiese toestand en nou is die geleentheid daar om die samestelling van munisipale rade te verander. Die munisipale raad se primêre funksie is om toesig te hou dat munisipale amptenare grondwetlike regte kan laat realiseer.”

Soortgelyke plasings