AfriForum verkies nuwe takbestuur in Germiston


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 16 Oktober 2018 ’n nuwe bestuur vir die Germiston-tak verkies.
Die nuwe takbestuur bestaan uit Elize Hern (voorsitter), Piet de Wit (ondervoorsitter), Machiel Pelser (tesourier), David Deysel (sekretaris), André van Niekerk (plaaslikeregeringsake) en Chris Smith (veiligheidsvoorsitter).

“Ons is trots om deel van AfriForum te wees en is slaggereed om die probleme in ons gemeenskap aan te pak,” sê Hern.
Hern sê dat sy en die bestuur daarna uitsien om ’n verskil in die gemeenskap te maak. “Dié tak se fokus is op veiligheidskwessies, swak dienslewering, omgewingsprobleme en gemeenskapsgedrewe projekte.”

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap van Germiston om by die plaaslike tak aan te sluit.
Met jou hulp kan AfriForum se Germiston-tak ’n daadwerklike verskil in jou dorp maak. Om aan te sluit, SMS “Germiston” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings