AfriForum-takke landwyd eis dat munisipaliteite aan hofbevel voldoen en regte elektrisiteitstariewe instel
AfriForum-takke landwyd het aan hul betrokke munisipaliteite geskrewe aanmanings gestuur om gehoor te gee aan die onlangse hofbevel wat elektrisiteitstariefverhogings as onwettig verklaar indien munisipaliteite nie die nodige kostestudies ingedien het nie. Die organisasie versoek dat die munisipaliteit hierdie bevel onmiddellik nakom.
Volgens die organisasie is dit onaanvaarbaar dat munisipaliteite die hofbevel minag en AfriForum het ’n duidelike aksieplan geëis oor hoe die munisipaliteite van plan is om terug te keer na verlede jaar se tariewe, in ooreenstemming met die uitspraak. Die brief doen spesifiek ’n beroep op die munisipaliteite om te verduidelik hoe hulle van plan is om aan die bevel te voldoen en hoe lank dit gaan neem.
AfriForum moedig alle verbruikers aan om ’n dispuut te verklaar teen hul rekeninge ingevolge artikel 102 van die Munisipale Stelselwet, weens die onwettige tariefverhogings.
Noordstreek
Mpumalanga
Mkhondo Plaaslike Munisipaliteit
Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit
Lekwa Plaaslike Munisipaliteit
Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit
Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit
Sentraalstreek
Noordwes
Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit
Ramotshere Moiloa Plaaslike Munisipaliteit
Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit
Vrystaat
Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit
Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit
Tokologo Plaaslike Munisipaliteit
Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit
Suidstreek
Kalahari
Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit
Gamagara Plaaslike Munisipaliteit
Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit
Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit
Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit
Namakwa Plaaslike Munisipaliteit
Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit