AfriForum-takke help droë Calvinia
Die AfriForum-takke in Marble Hall en Naboomspruit het in Maart en April 2017 gehelp om 8 000 liter water vir die Calvinia-gemeenskap, wat tans onder ’n ernstige droogtekrisis gebuk gaan, in te samel. Die onderskeie takke het ook altesaam R10 000 aan die gemeenskap geskenk.
“AfriForum se doel is om gemeenskappe by te staan en op te hef. Ons glo dat wanneer gemeenskappe saamstaan dit ’n daadwerklike verskil maak,” sê Chris Boshoff, AfriForum se streekskoördineerder vir Limpopo.
Beide takke wil alle gemeenskapslede bedank wat tot die projek bygedra en gehelp het om dit moontlik te maak.
Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45340 (R1 per SMS).