AfriForum-takke en vrywilligers vereer by nasionale kongres
Daar word dikwels gesê AfriForum se sukses word gebou op die bydraes van vrywilligers. Die onderskeie takke was weer baie bedrywig die afgelope jaar en ’n aantal pryse is die afgelope naweek by die driejaarlikse nasionale kongres aan takke en vrywilligers oorhandig vir hul waardevolle bydraes om onder meer staats- en munisipaleverval teen te werk.
Sasolburg is aangewys as die algehele tak van die jaar. Dié tak het oor die afgelope drie jaar die beste presteer en is bekend vir hul volhoubare projekte. Oor die afgelope jaar is daar onder meer 201 hektaar se parke en velde gesny en 30 ton teer is aangewend om slaggate te herstel. Die ledetal het ook met 602 lede gestyg.
Streekswenners
Projekwenners
Petrus Coetzee (distrikskoördineerder) ontvang die prys vir volhoubare projekte namens die Lichtenburg-tak by Jaco Grobbelaar. Dié tak het alle verwagtinge oorskrei met die slaggate wat in die dorp herstel is. Piet Theron en Danell de Wet van die tak in Potchefstroom ontvang die prys vir die meeste Monumentoudits wat die afgelope jaar voltooi is. Alta Pretorius verskyn ook op die foto. Johan Dijksman, André de Bruyn en Hannes Fouche het die prys vir die meeste voltooide projekte namens die Centurion-tak ontvang. Dié tak het die afgelope jaar onder meer parke skoongemaak, by die Voortrekkermonument gras gesny en ‘n herwinningsprojek van stapel gestuur. Manie de Klerk, Christo Groenewald (distrikskoördineerder), Kobus Steyn, Izmey Nel en Francois Smith het namens die takke in Bloemfontein ‘n prys vir hul werk aan die Monumentoudit ontvang.
Jeugwenners
Ruan Olwage, Marike Labuschagne (Nasionale Jeugkoördineerder: Opleiding Jeug), Llewellyn Olivier, Ruben Kilian, Kayla de Klere, Petri van der Walt (AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir dorpstrukture) en Wikus van der Walt het jeugpryse ontvang. Ander wenners van jeugpryse was agter : Llewellyn Olivier, Marike Labuschagne, Petri van der Walt, Gerald Tönsing, Wikus van der Walt en André Joubert en voor : Rene Reichel en Ernine Wepener. Hulle het almal vier of meer jaar ononderbroke diens by AfriForum se jeugstrukture.