AfriForum-tak in Schweizer-Reneke gestig


Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs ’n tak in Schweizer-Reneke gestig. Die behoefte aan ’n tak is deur talle inwoners uitgespreek.

“Die meeste van die probleme spruit uit swak dienslewering deur die Mamusa Plaaslike Munisipaliteit. Schweizer-Reneke se inwoners sukkel geweldig met elektrisiteitsprobleme, watervoorsiening, riolering en die vullisterrein wat in ’n benarde toestand is,” sê Alta Pretorius-Swart, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Die takbestuur bestaan uit Johan Jacobs (voorsitter), Sollie Bouwer (ondervoorsitter), Yolandé Scholtz (sekretaresse) en Isabel Killian (tesourier).

“Die stigting van hierdie tak sal druk op die plaaslike munisipaliteit uitoefen ten einde dienslewering te verbeter,” sluit Pretorius-Swart af.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Schweizer” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings