|

AfriForum-tak rig noodwaterpunt op in Faerie Glen

Voortslepende uitdagings ten opsigte van water het AfriForum-takke reg oor Suid-Afrika genoop om noodwaterpunte op te rig waar gemeenskappe steeds water kan kry wanneer daar vir verskeie redes nie water in die krane is nie. AfriForum se Garsfontein-Faerie Glen-tak het ook nou ’n noodwaterpunt opgerig by by NG Valleisig wat geaktiveer sal word sodra daar water tekorte in Garsfontein of Faerie Glen is. Die gemeenskap kan gratis gebruik maak van hierdie noodwaterpunt.

“Alhoewel AfriForum se strukture hard werk om te verseker dat daar nie water tekorte in gemeenskappe plaasvind nie, is daar soms situasies wat buite ons beheer is. Daarom het ons die noodwaterpunt opgerig, om verligting te bring wanneer die gemeenskap onsekerheid ervaar oor hulle water,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

“Die tak sal nog plekke identifiseer waar noodwaterpunte opgerig kan word. Sluit by hierdie tak aan deur www.wordlid.co.za te besoek of stuur ’n e-pos aan Ungerer by dewet.ungerer@afriforum.co.za met “Garsfontein” as verwysing. Sluit ook aan by die Facebook-blad AfriForum Garsfontein-Faerie Glen om op hoogte te bly van die tak se projekte en aksies.

Soortgelyke plasings