|

AfriForum-tak in Sasolburg sny byna 110 ha gras sover in 2022

Die AfriForum-tak in Sasolburg het die afgelope maand steeds onverpoosd gewoeker met die grassnyery om die dorp netjies te hou. Daar is 31,5ha gras gedurende April in verskeie areas gesny. Daar is ook op verskeie plekke sypaadjies oopgespit en afgesaagde bome opgesny. Die tak het verlede jaar 102 ha se gras gesny en vir vanjaar staan die tak reeds op 109,8 ha.

Hierdie sukses word toegeskryf aan die feit dat die gemeenskap ingespring het en self ook begin grassny het. Die gemeenskap word gevra om mense wat rommel strooi te identifiseer en te rapporteer.

Op Saterdag 13 Mei het die tak weer in die Hoёveldse Tuin gewerk. Die gemeenskap word aangemoedig om te kom help sodat die park weer ’n plek kan wees waar mense saam met hulle gesinne kan gaan stap of piekniek hou.

“Die energie en wilskrag van Sasolburg se AfriForum-tak het werklik geen einde nie. Dis baie lekker om die verskil in die dorp te sien, veral nou dat die gemeenskap toenemend betrokke raak,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

“Ons is besig om nuwe rekords op te stel met betrekking tot grassny in Sasolburg. Dit laat mens trots voel om deel te wees van die AfriForum-familie.  Sonder ons lede, sou hierdie beslis nie moontlik gewees het nie. Ek moedig almal aan om betrokke te raak by die vernuwing van die Hoëveldse Tuine.  Ons begin tans met die herstel van die dammetjie binne die Tuine en verwelkom enige hulp vanuit die gemeenskap in hierdie verband,” sê Johan Cooks, AfriForum se takvoorsitter in Sasolburg.  

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings