| |

AfriForum-tak in Sasolburg doen meer vir #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Sasolburg het in Julie voortgegaan om die dorp op te knap en mooier te maak as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek. Daar is bossies in die groenstrook in Snymanstraat gesny. Tussen Tuinedal en die dammetjie is gras gesny en die area skoongemaak en daar is ook met die bossiesnyers skoongemaak tot by Owen Horwoodstraat. Daar is altesaam is 2,3 ha gras gesny en areas skoongemaak vir die maand.

Tydens die wintermaande, wanneer daar nie baie gras is om te sny nie, herstel die slaggate en straatligte wat buite werking is. Daar word ook ’n geselligheid beplan vir die Hoёveldse Tuine ná die winter en die gemeenskap word aangemoedig om solank 1 Oktober oop te hou. Die tak het al begin om die Tuine op te knap en die verbetering is duidelik sigbaar.

“Dit bly lekker dat hierdie tak gedurig besig is met opruimingswerk in hulle dorp. Hulle maak werklik ’n verskil en ek wil die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak. Hulle het ook kos en water vir Parys ingesamel toe dit met hulle moeilik gegaan het weens die water- en kragkrisis,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 45344 (R1).