AfriForum-tak in Potchefstroom herstel slaggate
Die AfriForum-tak in Potchefstroom het nie toegelaat dat COVID-19 hulle daarvan weerhou om slaggate te herstel nie. Hulle het – totdat hulle weer self slaggate kon herstel – van Venmini-kontrakteurs gebruik gemaak. Dié kontrakteurs het 220 slaggate met 187 sakkies teer herstel.
“Daar is slaggate in Potchefstroom wat werklik lewensgevaarlik is. Dit is so verblydend dat die tak die inisiatief geneem het om van ’n kontrakteur gebruik te maak om die slaggate te herstel. Met elke slaggat wat herstel word, word daar ’n verskil gemaak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.
Inwoners wat bereid is om hulp te verleen, kan gerus vir Dirk Venter by 082 953 3155 kontak.
Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in mense se lewens te maak. Word deel van die oplossing: SMS “Potchefstroom” na 45351 (R1).