AfriForum stig buurtwag in Waverley


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 4 April 2019 ’n buurtwag in die Waverley-omgewing in Pretoria gestig. Dié nuwe buurtwag is spesifiek toegespits op woonbuurte wat binne die Villieria-polisiestasie se bedieningsarea val en hulle het reeds hul eie radionetwerk.

Verskeie gemeenskapslede het hul behoefte aan ’n buurtwag uitgespreek, veral om die plaaslike polisiestasie en gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se hande te versterk en bystand in misdaadbekamping te bied. Die buurtwagbestuur bestaan uit Andries Opperman (voorsitter) en Wietse van der Westhuizen (voorsitter: operasionele portefeulje).

“Die eerste stap is om so spoedig moontlik die nodige toerusting aan die buurtwag te verskaf, sodat hulle die gemeenskap suksesvol kan bystaan,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.
“Dit is die begin van groot dinge vir dié gemeenskap en ek sien uit na die suksesse wat die buurtwag gaan behaal,” sê Llewellynn Hemmens, AfriForum se assistentveiligheids­koördineerder vir die Noordstreek.

Die gemeenskap word aangemoedig om by AfriForum se Waverley-buurtwag aan te sluit: SMS “Waverley” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings