AfriForum sluit boomplantmaand in Knysna af
AfriForum het vanjaar sy jaarlikse boomplantmaand-projek in Knysna afgesluit waar die organisasie 50 bome in die Pledge-natuurreservaat en byna 800 fynbosplante in die Brenton-omgewing geplant het. AfriForum het vanjaar in totaal 3 000 bome geplant om ʼn gesonde en volhoubare toekoms vir nageslagte te verseker.