AfriForum se Wolmaransstad-tak reorganiseer
Die burgerregte-organisasie AfriForum se Wolmaransstad-tak is op 28 November 2018 suksesvol gereorganiseer.
Die takbestuur bestaan nou uit Riaan Jonker (voorsitter), Rodger Thompson (ondervoorsitter), Jacques Höll (tesourier), Abraham Kruger (sekretaris), Piet du Preez (gemeenskapsveiligheid) en Sarah du Plessis (omgewingsake).
“Ons is opgewonde om projekte saam met die nuwe bestuur aan te pak en glo dit sal nuwe hoop in Wolmaransstad skep. Ons moedig die publiek aan om aktief by dié tak se aktiwiteite betrokke te raak – saam is ons sterker,” sê Stephen Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.