AfriForum se Witrivier-tak ontsmet kleuterskool
Die AfriForum-tak in Witrivier het op 30 Junie 2020 gehelp om Witrivier Preprimêr te ontsmet sodat dié skool voorbereid is om volgens die COVID-19-regulasies te heropen.
Taklede het ingespring en klaskamers en die speelterrein ontsmet om te verseker dat die kleuters veilig kan terugkeer skool toe.
“Ons is bly dat die skole weer kan open en dat ons kan help met die voorbereiding daarvan. Dit verlig die las op skole wat reeds onder hewige druk verkeer,” sê Pieter Skead, voorsitter van AfriForum se Witrivier-tak.
Raak by AfriForum se Witrivier tak-tak betrokke: SMS “Witrivier” na 45350 (R1) en word deel van die verskil.