AfriForum se Weskus-buurtwag ontvang toerusting
Die burgerregteorganisasie AfriForum se nuutgestigte Weskus-buurtwag, wat deel vorm van die organisasie se Weskus-tak, het op 12 November 2021 nuwe patrollietoerusting ontvang. Hierdie toerusting sluit glimbaadjies, patrolliemagnete, patrollieligte, radio’s, mediese noodhulpkissies en flitse in. AfriForum se patrolleerders ontvang opleiding om die toerusting wat gebruik kan word tydens patrollies ten volle te benut.
AfriForum se patrolleerders regoor Suid-Afrika ontvang dieselfde opleiding en toerusting om te verseker dat al AfriForum se veiligheidstrukture as ’n eenheid kan werk.
“Hierdie toerusting verseker dat die patrolleerders met ’n geruste hart hul werksaamhede kan voortsit. Die Weskus-tak sal aanhou om binne hul finansiële vermoë die buurtwag van die nodige toerusting en opleiding te voorsien,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder in die Boland.
Die tak moedig die gemeenskap aan om by die Weskus-tak en -buurtwag betrokke te raak en sodoende ’n daadwerklike verskil te maak. SMS “Weskus” na 45350 (R1).