AfriForum se Warmbad-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding


Lede van AfriForum se Warmbad- en RTL-buurtwag het die afgelope naweek veiligheids­opleiding, aangebied deur Tactical CQC, ontvang ter verskerping van buurtwaglede in dié gebied se paraatheid.
Ongeveer 30 mense het aan die opleiding deelgeneem, wat van taktiese hand-tot-hand-selfverdediging tot die aanleer van taktiese wapenvaardighede gewissel het.
Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, is professionele opleiding vir elke veiligheidstruktuur van groot belang.

“Dit is belangrik dat AfriForum se buurtwaglede te alle tye binne die raamwerk van die wet optree en daarom moet buurtwaglede die korrekte opleiding ontvang, vir sowel hul eie as die gemeenskap se veiligheid,” sê Grobbelaar.

Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan.

“Die doel van AfriForum-buurtwagstrukture is om ’n daadwerklike verskil te maak en te help om misdaad te bekamp. Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en nooi alle veiligheidstrukture uit om saam met dié buurtwag te werk,” sê Janes Boshoff, voorsitter van AfriForum se Warmbad-tak. “Hoe meer mense betrokke raak, hoe groter die impak en verskil wat ons in Warmbad kan maak,” voeg Boshoff by.

SMS “Buurtwag” na 45340 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings