|

AfriForum se Uitsig-buurtwag ontvang opleiding om bloeding te beheer

Die AfriForum-buurtwag in Uitsig, Bloemfontein, se patrolleerders het op 30 Oktober 2021 Stop the Bleed-opleiding by Critical Training Concepts ontvang om die patrolleerders te bemagtig om bloeding tydens ernstige noodgevalle te beheer.

Die buurtwag het ’n groot behoefte vir dié opleiding gehad aangesien die Sektor 4-buurtwagpatrolleerders daagliks by ongelukke en traumaverwante voorvalle help.

“Opleiding soos hierdie bemagtig ons patrolleerders met die nodige en belangrike kennis om ernstige bloeding vinnig te identifiseer en te behandel. Met ongelukke en misdaad wat gereeld plaasvind kan kennis soos hierdie ’n groot verskil maak in iemand se lewe,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

SMS “AfriForum” na 45344 (R1) om by AfriForum se Bloemfontein-takke aan te sluit en skep saam hoop.

Soortgelyke plasings