| |

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek laerskole in Pretoria

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 18 Augustus by die Laerskool Anton van Wouw en Onderstepoort Primary School in Pretoria besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net vir nou nie, maar vir die toekoms ook. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word met die nodige kennis en vaardighede toegerus om as ’n leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind – om boeliebestand te wees. Kinders word ook geleer om tussen afknouery en konflik te onderskei. Die doel van die praatjie is om leerders te bemagtig en hulle ook meer in te lig oor die gevare rakende kuberafknouery,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Ons het reeds 60 skole, 120 000 leerders, 6 000 onderwysers en 2 000 ouers reg oor die land oor afknouery, asook die impak daarvan toegespreek. Ons bou deur hoop te skep om skole sowel as gemeenskappe van afknouery bewus te maak en hulle met die nodige kundigheid in staat te stel om afknouery stop te sit,” sluit Bräsler af.

Vir meer inligting rakende AfriForum se teenboelieveldtog besoek gerus www.teenboelie.co.za.