AfriForum se Standerton-tak vervang padveiligheidstekens
Die AfriForum-tak in Standerton het die afgelope naweek fase een van sy padveiligheidsprojek geloods. Dít volg nadat taklede talle padveiligheidstekens wat verlore of nie sigbaar is nie as ’n gevaar vir padgebruikers geïdentifiseer het.
“AfriForum prioritiseer die padveiligheid van inwoners en deur soortgelyke projekte te loods, sal die burgerregte-organisasie verseker dat dit nie agteruitgaan nie,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“Die plaaslike tak sal gedurende fase twee nóg padtekens vervang. Indien inwoners kennis dra van verlore padtekens, skakel gerus ons noodnommer by 071 209 2978,” sê Leon Enslin, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.
Ondersteun AfriForum se padveiligheidsprojekte in Standerton: SMS “Vervang” na 45350 (R1).