|

AfriForum se Pretoria-waterkar ingespan om brande te blus

Nadat AfriForum se takke in Pretoria-Noord in Augustus ’n waterkar aangekoop het, is dié waterkar in September gebruik om meer as tien veldbrande te blus en is ook ingespan om te help om ander brande onder beheer te bring. Dié waterkar word gebruik om die gemeenskap en die plaaslike brandweer tydens onluste en veldbrande te help.

Grootskaalse skade kon vermy word danksy dié waterkar en die vinnige optrede van AfriForum- en gemeenskapslede wat die brande onder beheer gebring het.

“Die plaaslike owerhede het nie altyd die kapasiteit om brande onder beheer te bring nie daarom het die takke besluit om die waterkar aan te koop sodat die gemeenskap nie tydens onluste en veldbrande weerloos is nie. Hierdie is weer eens ’n goeie voorbeeld waarom gemeenskapslede by georganiseerde strukture betrokke moet wees,” sê Sampie Steinberg AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Veldbrande is ’n groot probleem in die Pretoria Noord-gebied veral by die berge aangesien dit groot skade aan eiendom en landbou-areas aanrig. Die nodige toerusting en mannekrag is nie altyd beskikbaar om brande te bestry nie wat die gebied baie kwesbaar maak. Sluit gerus aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae deur ’n kort verifiëring op die gratis Telegram-toep by https://t.me/AfriForumBuurtBot te doen of SMS “Wes-Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings