|

AfriForum se Nelspruit-buurtwag spog met nuwe toerusting

Die AfriForum-buurtwag in Nelspruit het op 26 November nuwe toerusting ontvang. Hierdie toerusting sluit onder meer glimbaadjies en koeëlvastebaadjies in wat die buurtwaglede tydens patrollies gebruik.

Dit vorm deel van die AfriForum-buurtwagte se standaardtoerusting wat hulle benodig om hul pligte uit te voer. Ander standaardtoerusting sluit patrollieligte en flitse in asook meer gevorderde toerusting soos nagsigtoerusting en radio’s.

Die AfriForum-buurtwaglede ontvang ook deurlopend opleiding om hulle toe te rus met die nodige kennis om te verseker dat hulle in alle omstandighede professioneel en korrek kan optree om die gemeenskap veilig te hou.

“Ons is dankbaar vir hierdie toerusting en sien daarna uit om die gemeenskap van Nelspruit te dien”, sê Devon McCullough van die Nelspruit-buurtwag.

Sluit vandag aan by AfriForum, SMS “jou naam” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings