| |

AfriForum se Mosselbaai-tak hou boomplantdag

Die AfriForum-buurtwag in Mosselbaai het op 12 Oktober die organisasie se nasionale boomplantprojek in samewerking met die Kenani-dienssentrum gehou. Die lente het aangebreek en om dit te vier het die tak verskeie bome ten bate van die inwoners van die dienssentrum gaan plant. Die inwoners het self ook ingespring en gehelp om die bome in die grond te kry.

Die tak het in totaal sewe vrugte- en immergroen bome geplant, wat onder meer perskebome, rooiels en witkareebome ingesluit het. Die inwoners van die dienssentrum sal na die bome omsien.

“Ons is dankbaar dat ons bietjie sonskyn in die inwoners se lewens kon bring en het dit baie geniet om saam met hulle die bome te plant. Ons bedank Swans Kwekery in Hartenbos vir die verskaffing van die bome, Paul en Seun Konstruksie, Mossel Bay Board Cut & Edge, AfriForum se Midbrak-buurtwag en al die ander instansies wat gehelp het om die projek ’n sukses te maak,” Jean Lategan, voorsitter van AfriForum se Mosselbaai-tak.

Die tak het ook lekkergoedpakkies en koeldranke aan die inwoners as ’n bederfie oorhandig, asook klereskenkings uit die gemeenskap vir die dienssentrum se tweedehandse winkel.

AfriForum se Mosselbaai-tak is ’n gevestigde tak met verskeie projekte en ’n groot fokus op veiligheid. Die tak nooi die gemeenskap van die groter Mosselbaai-omgewing uit om betrokke te raak en hul deel te doen. Stuur ’n e-pos na marthinus.erasmus@afriforum.co.za of kontak hom by 081 216 9602.

Soortgelyke plasings