|

AfriForum se Mooinooi-tak reorganiseer

Die AfriForum-tak in Mooinooi het op 18 November 2021 ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens ’n nuwe takbestuur verkies is. Gemeenskapslede kon hul insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig. Die volgende lede is tot die bestuur verkies: Alie Chamberlain (voorsitter), Dirk Botes (ondervoorsitter), Michelle Janse van Rensburg (sekretaris), Hannes Robbertze (tesourier), André Rousseau (plaaslikeregeringsake), Tania Phillips (omgewingsake), en Pierre Kruger (buurtwagleier).

“Baie dankie aan die vorige bestuur wat uitstekende werk gedoen het deur ’n goeie veiligheidstruktuur te vestig. Ek is vol vertroue dat die nuwe bestuur sal bou op die fondasie wat gelê is en ook baie suksesse in terme van plaaslikeregering- en omgewingsake sal behaal. Die nuwe bestuur wil graag volhoubare selfdoenprojekte begin om so die dorp vir almal te verbeter,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Mooinooi-tak: Kontak vir Alie Chamberlain by 078 874 3973 of SMS “Mooinooi” na 45344 (R1).

Alie Chamberlain (voorsitter)

Soortgelyke plasings