AfriForum se Margate-tak verwyder onwettige elektriese aansluitings


Die AfriForum-tak in Margate het onlangs gesorg dat onwettige elektriese aansluitings wat aan ’n toevoer naby die Mashinenge-nedersetting gekoppel is, verwyder word. Dit volg nadat AfriForum se buurtwag informasie oor elektrisiteit wat uit dié nedersetting geroof word, ontvang het. Kernrolspelers het saam die onwettige kabels verwyder.

“Onwettige elektriese aansluitings eis jaarliks talle lewens en ons is dankbaar dat die SAPD, ander sekuriteitsinstansies en Eskom só flink met ons buurtwag kon saamwerk,” sê Wessel Pretorius, veiligheidsverteenwoordiger van die Margate-tak.
“Spanwerk soos hierdie bevestig die doeltreffendheid en noodsaaklikheid van ’n plaaslike buurtwag en ons moedig die gemeenskap aan om by ons in te skakel,” sê Adolf Oosthuizen, voorsitter van AfriForum se Margate-tak.

Ondersteun AfriForum om jou gemeenskap te help: SMS “Margate” na 45267 (R1).

Soortgelyke plasings