AfriForum se Malalane-buurtwag ontvang toerusting
AfriForum se Malalane-buurtwag het patrollietoerusting ontvang. Hierdie toerusting sluit glimbaadjies, patrolliemagnete, patrollieligte en flitse in. AfriForum se patrolleerders ontvang opleiding in die toerusting wat gebruik kan word tydens patrollies.
AfriForum se patrolleerders regoor Suid-Afrika ontvang dieselfde opleiding en toerusting om te verseker dat al AfriForum se veiligheidstrukture as ’n eenheid kan werk.
“Hierdie toerusting saam met opleiding soos patrollieopleiding, regsaspekte en misdaadtoneelbewaring verseker dat AfriForum-buurtwaglede bevoeg is om enige situasie op die regte manier te kan hanteer,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van Gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.
Sluit aan by AfriForum se Malalane-buurtwag. SMS “Malalane” na 45350 (R1).