| |

AfriForum se Kathu-tak verleen hulp aan Gamagara-nooddienste

Die AfriForum-tak in Kathu het op 28 Augustus ’n skenking van ’n mikrogolfoond en ’n kookwaterkan aan die Gamagara-nooddienste oorhandig asook 12 enkelbedmatrasse wat The Bed Shop in Kathu geskenk het.

Die Gamagara-nooddienste sukkel al ’n geruime tyd met fondse en die munisipaliteit bied nie meer hulp nie. Dié nooddienste speel ’n baie belangrike rol in die gemeenskap wanneer dit by brande kom, en as jou werksplek nie reg is nie dan kan jy nie jou werk reg doen nie.

“Johan Snyman, voorsitter van die Kathu-tak, bedank The Bed Shop wat die matrasse aan die nooddienste geskenk het sowel as Fit-It Kathu vir die gebruik van hulle bakkie om hierdie matrasse af te lewer. Adam Myburgh, jy as brandweerhoof en jou span is tops. Dankie vir julle harde werk.”

“Die tak doen uitstekende werk in die gemeenskap. Dit is wonderlik om te sien watter groot verskil hulle in die gemeenskap maak,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Snyman wil ook die publiek aanmoedig om by projekte soos hierdie betrokke te raak en skenkings te maak.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap: SMS “Kathu” na 45350 (R1).