|

AfriForum se Hoëveld-takke in Mpumalanga ontvang handreiniger en gesigmaskers

AfriForum se Hoëveld-takke in Mpumalanga het op 17 en 18 April handreiniger en gesigmaskers ontvang om hulle en die gemeenskap teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm. Twee-en-veertig 5 liter-bottels handreiniger en 420 gesigmaskers is aan verskeie takke afgelewer om in hulle onderskeie gemeenskappe te gaan versprei waar daar nood is.

Dít volg nadat die burgerregteorganisasie die afgelope twee weke ’n nasionale projek van stapel gestuur het waartydens 15 000 bottels handreiniger aan verskeie polisiestasies, nooddienste en ouetehuise geskenk is. AfriForum het op 15 April 2020 ’n verdere 4 000 bottels handreiniger en 3 200 gesigmaskers na sy 53 takke in die noordstreek versprei om gemeenskappe te ondersteun.

Handreiniger en gesigmaskers is reeds aan die volgende instansies uitgedeel:

  • Nkondo SAPD in Piet Retief
  • Helpende Hand in Witbank
  • Ermelo SAPD
  • Sport Inn Shelter in Ermelo

“AfriForum se Hoëveld-takke bied deurlopend bystand aan hul gemeenskappe om te verseker dat hulle die nodige hulp ontvang om die verspreiding van COVID-19 te help voorkom,“ sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om die organisasie se Facebook-blad gereeld te besoek om die nuutste inligting oor die staat van inperking en COVID-19 te kry.

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum tak betrokke en wees deel van die verskil: SMS jou naam na 45350 (R1).