|

AfriForum se Helderbergkom-tak plant bome in Gordonsbaai-parke

AfriForum se Helderbergkom-tak het in September twee bome – ’n witstinkhout en ’n huilboerboon – by Pollock Park en die Youth Crescent Play Park in Gordonsbaai geplant. Hierdie gebaar verfraai nie net die natuurlike skoonheid van hierdie openbare ruimtes nie, maar dra ook by tot ’n gesonder omgewing vir huidige en toekomstige geslagte om te geniet.

Benewens die boomskenkings het die tak ’n week tevore ook Clivias in Pollock Park geplant. Dit demonstreer AfriForum se voortdurende verbintenis tot omgewingsbewaring en gemeenskapsverryking. Deur aktief aan hierdie inisiatiewe deel te neem, stel die organisasie ’n inspirerende voorbeeld vir ander gemeenskapsgroepe en individue om na te volg.

Hierdie inisiatief is deel van AfriForum se boomplantmaand-projek in September wat samelopend met Nasionale Boomplantmaand gevier word. Hierdie projek beklemtoon die belangrikheid van omgewingsvolhoubaarheid en die deurslaggewende rol wat bome in die handhawing van ekologiese balans speel. Bome bied talle voordele, soos die verbetering van luggehalte, die vermindering van erosie en dit skep ’n habitat vir voëls, insekte en diere. Deur bome te plant, maak AfriForum se Helderbergkom-tak ’n positiewe verskil in die bewaring en verbetering van die natuurlike omgewing.

“AfriForum se Helderbergkom-tak is besig om te groei en wil al hoe meer betrokke raak by gemeenskapsprojekte. Ons is trots op ons lede en dankbaar vir hul bereidwilligheid om hulself beskikbaar te stel om hul gemeenskap te dien,” sê Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Lede van die gemeenskap word aangemoedig om by gemeenskapsprojekte betrokke te raak.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en sluit by jou plaaslike AfriForum-tak aan: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings