| |

AfriForum se Groter Pretoria-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in Groter Pretoria  het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 8 April 2022 in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 16:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur.

Altesaam 45 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en 1 152 km in voertuie afgelê. Die buurtwagte het vier voorvalle hanteer en hulp verleen.

“Die Groter Pretoria-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1).