|

AfriForum se Groter Moot-tak werk onverpoosd om Moot netjies en veilig te hou

Die buurtspan van AfriForum se Groter Moot-tak het gedurende Oktober reusewerk gedoen om die Moot skoon te maak en op te knap. Die buurtwag het ook heelwat patrollies gery om misdaad die hoof te bied.  

Die buurtspan het 142 geelsakke rommel weggery, asblikke leeggemaak en nege bakkie- en sleepwavragte tuinvullis weggery, asook drie vragte grond wat uit die stormwaterkanale verwyder is. Altesaam 11 manure is bestee om verskeie areas netjies te maak met kettingsae. Die buurtspan het verder drie verkeersligte geverf en sewe stormwaterdreine skoongemaak.

29 buurtwagpatrolleerders het 975,49 km tydens 60 patrollies gery en het sodoende bygedra om die gemeenskap veilig te hou. Die Groter Moot-buurtwag het 78,2 manure aan patrollies afgestaan in Oktober.

“AfriForum sal aanhou om ons gemeenskappe te help waar munisipaliteite misluk om hul pligte na te kom. Ons sal voortgaan om hoop in gemeenskappe te skep deur projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil maak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

AfriForum se Groter Moot-tak bedank graag die volgende borge wat die tak in Oktober ondersteun het: Farmivoreza, Del.ice.ious, Burger Bistro, Eptonox, Citi Protect, Monaco Motors, Auto Strada en Pretoria Karavane.

Sluit vandag nog by AfriForum se Groter Moot-tak aan. Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings