|

AfriForum se George-tak skep hoop met naweek wat op veiligheid fokus

AfriForum se George-tak het onlangs verskeie veiligheidsprojekte aangepak om die omgewing te beveilig.

Die aand van 24 Junie het dié AfriForum-tak se Geelhoutboom-plaaswag in samewerking met lede van George se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en verkeerspolisie by ’n voertuigbeheerpunt gebied.

Die volgende dag (25 Junie) het Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risiko bestuurder, ’n leersame werksessie oor die regsaspekte van buurtwagte en patrollies vir verskeie buurtwagte en die plaaslike GPF aangebied. Verder het Kamfer die volgende dag die Kammanassie-plaaswag, wat ook deel is van die George-tak, besoek om hulle lede met kennis oor die wetlike aspekte te bemagtig.

“Ons nooi graag die gemeenskap uit om betrokke te raak by hul naaste AfriForum-struktuur. Gemeenskapsveiligheid is ons almal se verantwoordelikheid en deur saam met ander veiligheidstrukture te werk, kan ons die wetstoepassers se hande sterk maak. Geleenthede soos hierdie is maar net ’n voorsmakie van ’n veiliger toekoms wat ons vir die gemeenskap skep deur verantwoordelikheid te neem vir onsself,” sê Marthinus Erasmus, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Sluit aan by AfriForum se George-tak of jou naaste AfriForum-buurtwag om jou deel te doen. Stuur ’n e-pos na marthinus.erasmus@afriforum.co.za of skakel Erasmus by 081 216 9602.

Soortgelyke plasings