AfriForum se Ermelo-buurtwag ontvang toerusting
AfriForum se Ermelo-buurtwag het patrollietoerusting ontvang wat glimbaadjies, patrolliemagnete en patrollieligte insluit. AfriForum se patrolleerders ontvang opleiding in dié toerusting, wat tydens patrollies gebruik kan word.
AfriForum se patrolleerders regoor Suid-Afrika ontvang dieselfde opleiding en toerusting om te verseker dat al AfriForum se veiligheidstrukture as ’n eenheid kan werk en erkenbaar is.
“Hierdie toerusting saam met opleiding soos patrollieopleiding, regsaspekte en misdaadtoneelbewaring verseker dat AfriForum-buurtwaglede bevoeg is om enige situasie op die regte manier te kan hanteer,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van Gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.
Sluit aan by AfriForum se Ermelo-buurtwag. SMS “Ermelo” na 45350 (R1).