AfriForum se Endicott-plaaswag trek inbreker plat


AfriForum se Endicott-plaaswag het op 25 Maart 2018 in samewerking met die SAPD en MavCorp Sekuriteit ’n vermeende huisinbreker platgetrek.
Dít volg nadat ’n gemeenskapslid vir Roben Collen, AfriForum se plaaswagvoorsitter in Endicott, in kennis gestel het van ’n huisbraak wat in Vischkuil, Endicott aan die gang was.
Die plaaswag, MavCorp Sekuriteit en die SAPD is na die toneel ontbied, maar die twee verdagtes het reeds te voet gevlug: een na die hoofweg gevlug en die ander by ’n inwoner se huis in. Die SAPD kon die verdagte in die huis plattrek en arresteer, maar die ander verdagte is steeds op voortvlugtig.

“AfriForum se Endicott-plaaswag sal in samewerking met die SAPD alle moontlike pogings aanwend om misdaad in Endicott hok te slaan,” sê Robin Collen, voorsitter van AfriForum se Endicott-plaaswag.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings