|

AfriForum se Ellisras-tak nader MRK oor watergebrek

AfriForum se Ellisras-tak in Lephalale het die Menseregtekommissie (MRK) genader om Motlalekgomo Mmope, die bestuurder van die Lephalale Plaaslike Munisipaliteit, te ondersoek. Dit kom nadat inwoners van dié dorp AfriForum in Oktober genader het om hul misnoeë uit te spreek oor die gebrek aan water. Inwoners is al vir meer as ’n week waterloos, daarom het AfriForum hom na die MRK gewend dat hierdie probleem dringend aandag geniet.

Die munisipaliteit is besig met ’n projek om die verouderde infrastruktuur, oftewel die asbespype, in die dorp en Onverwacht te vervang. AfriForum het by verdere ondersoek uitgevind dat daar drie verskillende kontrakteurs aangestel is vir die projek om die ou asbespype te vervang. Die kwaliteit van werk wat die kontrakteurs tot dusver gedoen het, is nie op standaard is nie. In sommige gebiede lei dit tot lae waterdruk, terwyl dit in ander gebiede ’n vermeerdering in waterdruk tot gevolg het wat die nuwe pype laat bars.

AfriForum het al talle briewe oor die waterkrisis aan die munisipale bestuurder gestuur. Mmope het Woensdag 4 Desember in ’n brief aan AfriForum gesê dat die kontrakteurs onverpoosd werk om die watertoevoer te herstel. Die munisipaliteit het intussen watertenks aan die gemeenskap beskikbaar gestel, luidens Mmope.

“Die munisipaliteit is besig om die inwoners van Lephalale te vaal, AfriForum gaan aan hou om druk op die munisipaliteit te plaas om seker te maak dat die mense toegang tot basiese dienste soos water het.” Sê Hendrik Kotze AfriForum se Provinsiale koördineerder van Limpopo.

Raak deel van die oplossing in Lephalale deur deel van AfriForum se Ellisras-tak te word: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings