|

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak maak noodwaterpunt vir gemeenskap oop

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak het die naweek van 15 Junie hulle noodwaterpunt vir die gemeenskap by die Hoërskool Erasmus oopgemaak. Inwoners is sedert 12 Junie sonder water omdat die Tshwane-metro besig is met die herstelwerk van ’n groot lekkasie aan ’n hoof waterpyplyn wat die Zithobeni-reservoir van water voorsien.

Die noodwaterpunt is op die sypaadjie langs die hoërskool se atletiekbaan geleë en is oop van 10:00 tot 14:00. Inwoners sal toegang tot die noodwaterpunt hê totdat die waterpyp herstel is – hulle moet net hul eie houers saamneem om op te vul.

Die AfriForum-tak het tot dusver meer as 120 000 liter water aan die gemeenskap beskikbaar gestel.

“AfriForum sal aanhou om ons gemeenskappe te help deur projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die omgewing maak, soos die voorsiening van skoon water,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Bronkhorstspruit-tak betrokke: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings