|

AfriForum se Bo-Karoo-tak reorganiseer

Die AfriForum-tak in die Bo-karoo het op 28 April ’n bestuursvergadering gehou waartydens die takbestuur gereorganiseer is.

Die nuwe takbestuur bestaan uit Magdaleen Kleynhans (voorsitter en gemeenskapsveiligheid), Adolf Oosthuizen (ondervoorsitter) Marinda de Beer (tesourier en sekretaris), Christiaan Kershoff (plaaslike regeringsake), Wikus van der Walt (jeug), Robin du Plessis (projekte), Minette Botha (kultuur en toerisme) en Neil van Rensburg (komiteelid).

Verder is daar ook verteenwoordigers van Douglas (Pieter Smith en Pieter Koortzen) en Philipstown (Michelle Bättenhoussen) verkies om hul dorpe op die bestuur te verteenwoordig.

“Omdat die Bo-Karoo-tak ’n streekstak is, wil ons minstens een persoon van elke dorp verkies om hul dorp op die bestuur te verteenwoordig. Hierdie jaar se doelwit is ook om die tak se bedrywighede na ander dorpe in die streek uit te brei,” sê Marike Labuschagne, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Bo-Karoo.

“Die konsep van ’n streekstak is nou vir die afgelope jaar in werking en ons kan sien dat dit groot waarde toevoeg tot ons omgewing en vir die kleiner plattelandse dorpies ook ’n platform bied. Met die Bo-Karoo-streekstak wil ons dit regkry om gemeenskappe te leer om hande te vat om probleme met samewerking uit die weg te ruim,” sê Magdaleen Kleynhans, voorsitter van die Bo-Karoo-tak.

Die organisasie moedig gemeenskapslede in die Bo-Karoo-streek aan om by die takbestuur betrokke te raak en Kleynhans by 072 347 5250 te kontak.

Gemeenskapslede kan ook betrokke raak by AfriForum se Bo-Karoo-tak deur “Bo-Karoo” te SMS na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings