AfriForum se Bethal-tak herstel strate


AfriForum se Bethal-tak het onlangs weer slaggate in dié dorp gevul. Die projek vind deurlopend plaas en het reeds groot impak op die dorp gehad.
Sedert die van begin 2018 is meer as 1 700 sakkies teer vir dié doel aangewend. Elke sakkie teer kan 1 m2 vierkante meter pad herstel.

“Ons gaan probeer om 2 000 m2 se slaggate in 2018 te herstel. Die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit het slegs 1 100 m2 in hulle geïntegreerde ontwikkelingsplan begroot. Ons sukses is bewys dat gemeenskappe in staat is om dienslewering self te kan bestuur,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in Mpumalanga-Oos.
“Die projek is tot dusver ’n reusesukses en ons wil die gemeenskap vir hul ondersteuning. Bedank. Sukses is slegs moontlik as almal saamstaan,” sê Ingrid Human van AfriForum se Bethal-tak.

Sluit by die wenspan aan: SMS “Bethal” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings