AfriForum se Bethal-buurtwag en GPF ontvang opleiding


Die AfriForum-buurtwag en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Bethal het op 14 Augustus 2017 opleiding ontvang. Tydens hierdie sessie is buurtwaglede opgelei in die hantering van verskeie tonele, asook die korrekte radiogebruikprosedure.

“AfriForum bied opleiding aan al sy buurtwagstrukture om te verseker dat buurtwaglede met die nodige kennis toegerus is om gemeenskappe in tye van nood by te staan,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“Die buurtwag wil ’n positiewe verskil in ons gemeenskap maak, maar ons is net so sterk soos ons ledetal. Ons doen daarom ’n beroep op die Bethal-gemeenskap om by die AfriForum-tak betrokke te raak. Lede van die publiek kan ook ons noodnommer (072 711 3410) skakel in geval van nood of vir verdere inligting,” sê Jaap Pretorius voorsitter van AfriForum se Bethal-buurtwag en die GPF.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings