AfriForum reorganiseer Frankfort-tak


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 23 Januarie 2018 sy tak in Frankfort suksesvol gereorganiseer en ’n nuwe bestuur verkies. Dít volg nadat AfriForum ’n inligtingsessie oor die rol wat sy takke speel om gemeenskappe te verbeter, aangebied het.
Die nuwe takbestuur bestaan uit Johan Ungerer (voorsitter), Hendrik de Kock (ondervoorsitter), Herman Sobiech (tesourier), Sina Hattingh (sekretaris) en Joep Marais (veiligheidsvoorsitter).

“’n Sterk bestuur is verkies en staan gereed om verskeie projekte aan te pak. AfriForum sien daarna uit om onder meer swak dienslewering, veiligheidskwessies en omgewingsprobleme in dié dorp aan te spreek,” sê Stephen Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Sentraalstreek.

Nasionale projekte waaraan dié tak gaan deelneem, sluit in AfriForum se blou-en-groendruppelprojek, vullisterreinoudit, selfdoenaksies en boomplantmaand.

“’n Tak word versterk deur sy aantal lede en daarom doen ons ’n beroep op die gemeenskap om by AfriForum se Frankfort-tak aan te sluit,” sluit Nel af.

Soortgelyke plasings