AfriForum plaas vullisdromme in park
Die burgerregte-organisasie AfriForum het na afloop van ’n gesamentlike skoonmaakaksie in die Faerie Glen-area in Pretoria ’n aantal vullisdromme in ’n park teen die Moreletaspruit neergesit om só te help om die gemeenskap skoon te hou.
“Ons hoop dat dié vullisdromme sal help om die area skoon te hou en mense aan te moedig om nie te mors nie,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng. “AfriForum wil tot ’n beter, skoner en veiliger gemeenskap bydra en ons vra dat inwoners by ons plaaslike takke betrokke raak om dit vir ons moontlik te maak.”
Om by die plaaslike tak betrokke te raak, SMS “Asblik” na 45341 of stuur ’n e-pos na lambert@afriforum.co.za en maak ’n verskil in jou gemeenskap.