AfriForum neem mynaansoek by Krugerwildtuin onder die loep
Die burgerregteorganisasie AfriForum het met kommer kennis geneem van Manzolwandle Investments (Edms.) Bpk. se nuutste aansoek om steenkool te myn in ’n gebied van ongeveer 87 000 ha naby Komatipoort en die Nasionale Krugerwildtuin. Die organisasie se regspan het ’n skrywe aan Manzolwandle Investments (Edms.) Bpk. gestuur om die organisasie as ’n belanghebbende en geaffekteerde party te registreer, asook om alle inligting rakende hulle aansoek te verskaf.
AfriForum het reeds in 2019 strafregtelike klagtes teen Manzolwandle Investments (Edms.) Bpk. ingedien nadat daar na bewering AfriForum het reeds in 2019 strafregtelike klagtes teen Singo Consulting (Edms.) Bpk. – wat as konsultante vir Manzolwandle Investments (Edms.) Bpk. opgetree het – ingedien nadat daar na bewering bedrog in die vorm van plagiaat in hul omgewingsimpakstudie gepleeg is. Daar is toe ook aansoek gedoen om ’n steenkoolmyn oor ’n gebied van 18 000 ha digby die Krugerwildtuin te begin.
Die organisasie is verder besig met ’n hofaansoek teen Barbara Crecy, Minister van Omgewingsake, oor mynbedrywighede. Manzolwandle Investments (Edms.) Bpk. is ook tot dié saak gevoeg.
“Indien daar met hierdie aansoek voortgegaan word, en daar word wel in die gebied gemyn, kan dit enorme nadelige en vernietigende gevolge vir die onmiddellike omgewing, die Krokodilrivier en ander waterbronne, natuurreservate, wildlewe, die padnetwerk in Mpumalanga en landbouaktiwiteite inhou. AfriForum sal nie toekyk hoe onwettige mynboubedrywighede die land verwoes nie,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake.