| |

AFRIFORUM MAAK WES-KAAP SE BLOU-EN-GROENDRUPPELUITSLAE BEKEND

AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in Wes-Kaap se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.

“Ons kon vasstel dat die volgende dorpe, naamlik Bitterfontein, Darling, Gansbaai, Hermanus, Bellville, Durbanville, Kraaifontein, Strand, Kalbaskraal, Klawer, Kleinmond, Lutzville, Malmesbury, Pearly Beach, Stellenbosch, Gordonsbaai, Vanrhynsdorp, Vredendal, Velddrif, Wellington en Worcester se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Bloudruppeluitslae

Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Wes-Kaap se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Wes-Kaap
PlekMunisipaliteit20132014201520162017201820192020
BitterfonteinMatzikama PMSkoonSkoonSkoon
BredasdorpKaap Agulhas PMSkoon
CitrusdalCederberg PMSkoonSkoonSkoonSkoon
ClanwilliamCederberg PMSkoon
DarlingSwartland PMSkoon
GansbaaiOverstrand PMSkoonSkoonSkoon
GeorgeGeorge PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
Hermanus (Sandbaai)Overstrand PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
Hessekwa (Stilbaai)Hessekwa PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
Kaapstad (Bellville)Kaapstad-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
Kaapstad (Durbanville)Kaapstad-metroSkoon
Kaapstad(Gordonsbaai)Kaapstad-metroSkoon
Kaapstad(Kraaifontein)Kaapstad-metroSkoon
Kaapstad(Strand)Kaapstad-metroSkoon
KalbaskraalSwartland PMSkoon
KlawerMatzikama PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
KleinmondOverstrand PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
LadismithKannaland PMSkoonSkoonSkoon
LutzvilleMatzikama PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
MalmesburySwartland PMSkoon
MontaguLangeberg PMSkoonSkoonSkoon
MosselbaaiMosselbaai PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonFosfate >25 dpm[1]SkoonSkoon
NuwerusMatzikama PMSkoonSkoonSkoon
OudtshoornOudtshoorn PMSkoonSkoonSkoonSkoon
Pearly BeachOverstrand PMSkoonSkoonSkoon
RobertsonLangeberg PMSkoonSkoonSkoonSkoon
StellenboschStellenbosch PMSkoonSkoonSkoonSkoon
VanrhynsdorpMatzikama PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
VredendalMatzikama PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
Vredendal-SuidMatzikama PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
VelddrifBergrivier PMSkoonSkoonSkoon
WellingtonDrakenstein PMSkoonSkoonSkoonSkoon
WorcesterBreedevallei PMSkoon
Ander
Stellenbosch-kampus (Maties)SkoonSkoonSkoonSkoonSkoon

Groendruppeluitslae

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen agt rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Wes-Kaap
PlekMunisipaliteit20132014201520162017201820192020
BitterfonteinMatzikama PMSkoon>1 000
BredasdorpCape Agulas PM>1 000
CitrusdalCederberg PMSkoon
ClanwilliamCederberg PMSkoon
DarlingSwartland PMSkoonSkoon
GansbaaiOverstrand PM>3 000SkoonSkoon
GeorgeGeorge PMSkoonSkoonSkoonSkoon>1 000
HawstonOverstrand PMSkoonSkoon
HermanusOverstrand PM3 600SkoonSkoonSkoonSkoon
Kaapstad(Clifton)Kaapstad-metroSkoon
Kaapstad (Scottsdene)Kaapstad-metroSkoonSkoon>1 000>1 000>1 000
Kaapstad(Kewtown)Kaapstad-metro50 000SkoonSkoon
Kaapstad (Macassar)Kaapstad-metroSkoon
KlawerMatzikama PM2 000Skoon>1 500SkoonSkoonSkoon
KleinmondOverstrand PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
LadismithKannaland PMSkoonSkoon
LutzvilleMatzikama PM1 500Skoon>2 000Skoon>1 000
MalmesburySwartland PMSkoon
MontaguLangeberg PMSkoon
MosselbaaiMosselbaai PMSkoon>2 400SkoonSkoonSkoon
NuwerusMatzikama PMSkoonSkoon
OudtshoornOudtshoorn PMSkoon100 000SkoonSkoonSkoon>1 000
RobertsonLangeberg PMSkoonSkoonSkoon
StellenboschStellenbosch PMSkoonSkoonSkoon
StilbaaiHessequa PMSkoon>1 000
VanrhynsdorpMatzikama PM1 500Skoon>1 500SkoonSkoon
VelddrifBergrivier PMSkoonSkoon
VredendalMatzikama PMSkoonSkoon8 000SkoonSkoonSkoonskoonSkoon
Vredendal-SuidMatzikama PM2 000Skoon>1 500SkoonSkoon
WellingtonDrakenstein PMSkoonSkoon>1 000
WorcesterBreedevallei PMSkoon

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Bitterfontein, Scottsdene, George, Lutzville, Oudtshoorn, Stilbaai, Wellington en Bredasdorp. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Van Heerden.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Van Heerden af.

As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van die Wes-Kaap om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45265 (R1) en steun hierdie aksie.

Soortgelyke plasings