|

AfriForum maak Vrystaat se blou-en-groendruppeluitslae bekend

Die meeste dorpe in die Vrystaat se drinkwater wat getoets is, is skoon en drinkbaar behalwe dié van Koffiefontein, Parys en Kroonstad. Dít is luidens die bloudruppeluitslae van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Parys se drinkwater bevat E.coli terwyl Koffiefontein en Kroonstad se drinkwater bloot nie op standaard is nie.

AfriForum het van Augustus tot November 2022 verskeie dorpe in die Vrystaat se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

PlekMunisipaliteit2019202020212022
Vrystaat
AllanridgeMatjhabeng PMSkoonSkoonSkoonSkoon
BethlehemDihlabeng PMSkoonSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein-SentraalMangaung-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein (Fichardtpark)Mangaung-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein (Hospitaalpark)Mangaung-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein (Langenhovenpark)Mangaung-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein (Pellissier)Mangaung-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein (Rayton- Heuwelsig)Mangaung-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein (Uitsig)Mangaung-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
Bloemfontein (Wilgehof)Mangaung-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
BoshofTokologo PMFekale koliforme (in boorgatwater)SkoonSkoon
BothavilleNala PMSkoonSkoonSkoonSkoon
BultfonteinTswelopele PMSkoonSkoonSkoon
DealesvilleTokologo PMSkoonSkoonSkoonSkoon
FrankfortMafube PMSkoonSkoonSkoonSkoon
HarrismithMaluti-A-Phofung PMSkoonSkoonSkoonSkoon
HeilbronNgwathe PMSkoonSkoonSkoonSkoon
HennenmanMatjhabeng PMSkoonSkoonSkoonSkoon
HertzogvilleTokologo PMSkoonSkoonSkoon
KoffiefonteinLetsemeng PMNie op standaard nie
KoppiesNgwathe PMSkoonSkoonSkoon
KroonstadMoqhaka PMSkoonSkoonSkoonNie op standaard nie
LuckhoffLetsemeng PMSkoon
OdendaalsrusMatjhabeng PMSkoonSkoonSkoonSkoon
ParysNgwathe PMSkoonSkoonSkoonE-coli in water
Petrus SteynNketoana PMSkoonSkoonSkoon
ReitzNketoana PMSkoonSkoonSkoonSkoon
SasolburgMetsimaholo PMSkoonSkoonSkoonSkoon
SenekalSetsoto PMSkoonSkoonSkoonSkoon
SteynsrusMoqhaka PMSkoon
TheunissenMasilonyana PMSkoonSkoonSkoonSkoon
ViljoenskroonMoqhaka PMSkoonSkoonSkoonSkoon
WelkomMatjhabeng PMSkoonSkoonSkoonSkoon
WinburgMasilonyana PMSkoonSkoonSkoonSkoon
ZastronMohokare PMSkoon
Ander
Bloemfontein-kampus (Kovsies)Universiteit van die VrystaatSkoonSkoonSkoonSkoon

“Ons kon vasstel dat 20 Vrystaatse dorpe se drinkwater – waaronder Bloemfontein, Boshof, Heilbron en Viljoenskroon – aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 16 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

PlekMunisipaliteit201920202021   2022
BethlehemDihlabeng PM>10 000Gesluit weens opgraderings>10 000
Bloemfontein (Roodewal)Mangaung-metro>1 000>10 000>10 000Nie toelaatbare standaard
BothavilleNala PM>1 000>1 000>10 000Nie toelaatbare standaard
BultfonteinTswelopele PM>10 000>10 000>1 000
FrankfortMafube PM> 5 000>10 000>10 000Nie toelaatbare standaard
HarrismithMaluti-A-Phofung PM> 2 000Buite werking>10 000
HeilbronNgwathe PMSkoon>1 000>10 000Nie toelaatbare standaard
HertzogvilleTokologo PM>10 000>1 000>1 000
KroonstadMoqhaka PM>2 000>1 000>10 000Nie toelaatbare standaard
ParysNgwathe PMSkoon>10 000>10 000Nie toelaatbare standaard
ReitzNketoana PM>2 000>10 000>1 000Nie toelaatbare standaard
SasolburgMetsimaholo PMSkoonSkoon>1 000Nie toelaatbare standaard
SenekalSetsoto PM>4 000Nie toelaatbare standaard
ViljoenskroonMoqhaka PM>1 000Nie toelaatbare standaard
WelkomMatjhabeng PM> 10 000>10 000>10 000
WinburgMasilonyana PM> 4 000>1 000>10 000

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit, Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit, Nala Plaaslike Munisipaliteit, Tswelopele Plaaslike Munisipaliteit, Mafube Plaaslike Munisipaliteit, Maluti-A-Phofung Plaaslike Munisipaliteit, Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, Tokologo Plaaslike Munisipaliteit, Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit, Nketoana Plaaslike Munisipaliteit, Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit, Setsoto Plaaslike Munisipaliteit, Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit en Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Groenewald.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Groenewald af.

“Dit is ook duidelik uit die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se blou-en-groen-druppelverslag dat daar rede tot kommer is in Suid-Afrika. Hoewel die toestand van die krag in Suid-Afrika erg en uitdagend is, kan dit nie vergelyk met die waterkwessie waarop Suid-Afrika afstuur nie” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake.

AfriForum sal ook sodra die regering hulle nuutste verslag bekendgemaak het dit noukeurig deurwerk en monitor.

As die bewaarder van water kom die DWS nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie.  Dit is van kardinale belang dat ons sonder ophou die gehalte van ons drink- en rioolafvalwater toets. Ons moet dié lewensbelangrike bron beskerm.

AfriForum versoek inwoners van Vrystaat om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “skoon water” na 45344 (R1) en steun hierdie aksie.

Soortgelyke plasings