|

AfriForum maak Noordwes se blou-en-groendruppelresultate bekend

AfriForum het onlangs verskeie dorpe in Noordwes se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word.

“Ons kon vasstel dat al die dorpe wat getoets is se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte egter deurlopend toets. Inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se assistentkoördineerder vir Marico.

Bloudruppelresultate
Dié resultate dui daarop dat al die dorpe van Noordwes se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Noordwes
Plek Munisipaliteit 2017 2018 2019  
Bloemhof Lekwa-Teemane PM Skoon Skoon Skoon  
Brits Madibeng PM Skoon Skoon Fosfate >50 dpm  
Christiana Lekwa-Teemane PM Skoon Skoon Skoon  
Coligny Ditsobotla PM Skoon Skoon Skoon  
Delareyville Tswaing PM Skoon Fosfate >100 dpm Nitrate >25 dpm

Fosfate >25 dpm

 
Groot-Marico Ramotshere Moiloa PM Skoon Skoon  
Hartbeesfontein Stad Matlosana Skoon  
Hartbeespoort Madibeng PM Skoon Skoon Skoon  
Jouberton Stad Matlosana  
Klerksdorp Stad Matlosana Skoon Skoon Skoon  
Koster Kgetleng Rivier PM Skoon Skoon Skoon  
Leeudoringstad Maquassi Hills PM Skoon Skoon Skoon  
Lichtenburg Ditsobotla PM Skoon Skoon  
Mahikeng Mahikeng PM Skoon Skoon  
Makwassie Maquassi Hills PM Skoon Skoon Skoon  
Mooinooi Madibeng PM Skoon Skoon Skoon  
Orkney Stad Matlosana Skoon Skoon Skoon  
Ottosdal Tswaing PM Skoon Fosfate >25 dpm Skoon  
Potchefstroom Tlokwe PM Skoon Skoon Skoon  
Rustenburg Rustenburg PM Skoon Skoon Skoon  
Sannieshof Tswaing PM Skoon Nitrate >10 dpm

Fosfate >100 dpm

Fosfate >25 dpm  
Schweizer-Reneke Mamusa PM Skoon Fosfate >25 dpm Skoon  
Stella Naledi PM Skoon Fekale kolivormige bakterieë >3 000 k/f/d

Fosfate >25 dpm

Nitrate >100 dpm  
Stilfontein Stad Matlosana Skoon Skoon Skoon  
Swartruggens Kgetlengrivier PM Skoon Fekale kolivormige bakterieë

3 kve

E. coli 3 kve

Skoon  
Ventersdorp Ventersdorp PM Skoon Skoon  
Vryburg Naledi PM Skoon Fekale kolivormige bakterieë >3 000 kve Skoon  
Wolmaransstad Maquassi Hills Skoon Skoon Skoon  
Zeerust Ramotshere Moiloa PM Skoon Skoon Skoon  
Buffelspoort Madibeng PM Skoon Skoon  
Potchefstroom-kampus (Pukke) Noordwes-Universiteit Skoon Skoon Skoon  

 

Groendruppelresultate
Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen meer as die helfte rioolsuiweringsaanlegte wat in Noordwes getoets is nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Noordwes
Plek Munisipaliteit 2017 2018 2019
Bloemhof Lekwa-Teemane PM >1 000

E. coli 1 000 fekale kolivormige bakterieë

>1 000
Brits Madibeng PM Skoon Skoon Skoon
Buffelspoort Madibeng PM Skoon
Christiana Lekwa-Teemane PM Skoon >1 000

E. coli 1 000 fekale kolivormige bakterieë

>10 000
Coligny Ditsobotla PM Skoon Skoon >100 000
Delareyville Tswaing PM Skoon
Groot-Marico Ramotshere Moiloa PM >1 000
Hartbeespoort Madibang PM >3 000 >10 000

E. coli

Skoon
Klerksdorp Matlosana Hoë fosfaattellings Skoon >1 000
Koster Kgetleng Rivier PM Skoon >5 000

E. coli

>1 000
Lichtenburg Ditsobotla PM >50 000
Makwassie Maquassi Hills PM Skoon Skoon
Mooinooi Madibeng PM Skoon >5 000
Orkney Matlosana
Ottosdal Tswaing PM Hoë fosfaattellings >1 000

E. coli 1 000 fekale kolivormige bakterieë

>10 000
Potchefstroom Tlokwe PM Hoë fosfaattellings

>2 000

Skoon Skoon
Rustenburg Rustenburg PM >4 000

E. coli

>5 000
Sannieshof Tswaing PM >1 000

E. coli 1 000 fekale kolivormige bakterieë

Schweizer-Reneke Mamusa PM Hoë fosfaattellings >10 000
Stella Naledi PM >1 000

E. coli

Stilfontein Matlosana Skoon >1 000
Swartruggens Kgetlengrivier PM Skoon Skoon >1 000
Vryburg Naledi PM Hoë fosfaattellings >1 000

E. coli >1 000 fekale kolivormige bakterieë

>1 000
Wolmaransstad Maquassi Hills PM Skoon Skoon
Zeerust Ramotshere Moiloa PM >10 000

 

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne Noordwes se munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Bloemhof, Christiana, Coligny, Groot-Marico, Klerksdorp, Koster, Lichtenburg, Mooinooi, Ottosdal, Rustenburg, Schweizer-Reneke, Stilfontein en Swartruggens.

“Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Gee aan AfriForum die mandaat om die gehalte van Noordwes se water voortdurend te moniteer: SMS “Skoon water” na 45351 (R1) om hierdie aksie te steun.

Lees die volledige verslag hier.

Soortgelyke plasings