AfriForum maak Limpopo se blou-en-groendruppeluitslae bekend
Al die dorpe in Limpopo se drinkwater wat getoets is – van Ellisras tot Tzaneen – is skoon en drinkbaar. Dít is luidens die bloudruppeluitslae van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.
AfriForum het van Augustus tot November 2022 verskeie dorpe in Limpopo se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.
Plek | Munisipaliteit | 2019 | 2020 | 2021 | 2022 |
Limpopo | |||||
Die Oog Aftreelandgoed (aftreedorp) | Mookgophong – Modimolle PM | – | – | Skoon | Skoon |
Ellisras | Lephalale PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Groblersdal | Elias Motsoaledi PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Haenertsburg | Groter Tzaneen PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Hoedspruit | Maruleng PM | – | – | – | Skoon |
Leeupoort | Thabazimbi PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Louis Trichardt | Makhado PM | Skoon | – | – | – |
Marble Hall | Sekhukhune DM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Musina | Musina PM | – | – | Skoon | Skoon |
Naboomspruit | Mookgophong – Modimolle PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Nylstroom | Mookgophong – Modimolle PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Phalaborwa | Ba-Phalaborwa PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Pietersburg | Polokwane PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Potgietersrus | Mogalakwena PM | – | Skoon | Skoon | Skoon |
Roedtan | Mookgophong – Modimolle PM | – | Skoon | Skoon | Skoon |
Rooiberg | Thabazimbi PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Thabazimbi | Thabazimbi PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Tzaneen | Groter Tzaneen PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
Vaalwater | Mookgophong – Modimolle PM | Skoon | – | – | – |
Warmbad | Bela-Bela PM | Skoon | Skoon | Skoon | Skoon |
“Ons kon vasstel dat Ellisras, Groblersdal, Haenertsburg, Hoedspruit, Leeupoort, Marble Hall, Musina, Naboomspruit, Modimolle, Phalaborwa, Polokwane, Potgietersrus, Roedtan, Rooiberg, Thabazimbi, Tzaneen, Bela-Bela se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Magdel Jansen van Vuuren, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.
Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 10 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.
Tak | Munisipaliteit | 2019 | 2020 | 2021 | 2022 |
Ellisras | Lephalale PM | >1 000 | >1 000 | >1 000 | Nie toelaatbare standaard |
Groblersdal | Elias Motsoaledi PM | – | >1 000 | >10 000 | Nie toelaatbare standaard |
Marble Hall | Ephraim Mogale PM | – | >1 000 | >1 000 | Nie toelaatbare standaard |
Musina | Musina PM | – | – | >1 000 | Nie toelaatbare standaard |
Naboomspruit | Mookgophong PM | >1 000 | >10 000 | >1 000 | Nie toelaatbare standaard |
Nylstroom | Modimolle PM | >1 000 | >1 000 | >1 000 | Nie toelaatbare standaard |
Phalaborwa | Ba-Phalaborwa PM | – | – | >1 000 | – |
Pietersburg | Polokwane PM | >1 000 | – | >1 000 | Nie toelaatbare standaard |
Potgietersrus | Mogalakwena PM | – | >10 000 | >1 000 | Nie toelaatbare standaard |
Tzaneen | Groter Tzaneen PM | Skoon | Skoon | >1 000 | Nie toelaatbare standaard |
Warmbad | Bela-Bela PM | Skoon | – | >10 000 | Nie toelaatbare standaard |
Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik die volgende plaaslike munisipaliteite: Lephalale, Elias Motsoaledi, Ephraim Mogale, Musina, Mookgophong, Modimolle, Ba-Phalaborwa, Polokwane, Mogalakwena, Groter Tzaneen, Bela-Bela. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Jansen Van Vuuren.
“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Jansen van Vuuren af.
“Dit is ook duidelik uit die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se blou-en-groen-druppelverslag dat daar rede tot kommer is in Suid-Afrika. Hoewel die toestand van die krag in Suid-Afrika erg en uitdagend is, kan dit nie vergelyk met die waterkwessie waarop Suid- Afrika afstuur nie,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake.
AfriForum sal ook sodra die departement hulle nuutste verslag bekendmaak dit noukeurig deurwerk en moniteer.
As die bewaarder van water kom die DWS nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. Dit is van kardinale belang dat ons sonder ophou die gehalte van ons drink- en rioolafvalwater toets. Ons moet dié lewensbelangrike bron beskerm.
AfriForum versoek inwoners van Limpopo om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “skoon water” na 45340 (R1) en steun hierdie aksie.