AfriForum maak Limpopo se blou-en-groendruppelresultate bekend
AfriForum het onlangs verskeie dorpe in Limpopo se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.
AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word.
“Ons kon vasstel dat die drinkwater van al die dorpe wat getoets is aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte egter deurlopend toets. Inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê David Rule, AfriForum se assistentkoördineerder vir Limpopo.
Bloudruppelresultate
Dié resultate dui daarop dat al die drinkwater van Limpopo-dorpe wat getoets is skoon is.
Limpopo-bloudruppelresultate | ||||
Plek | Munisipaliteit | 2017 | 2018 | 2019 |
Ellisras | Lephalale PM | 8 eenhede E.coli per 100 ml | E.coli
>2 kve
Fekale kolivormige bakterieë >2 kve |
Skoon |
Groblersdal | Elias Motsoaledi PM | Skoon | Skoon | Skoon |
Haenertsburg | Groter Tzaneen PM | Skoon | Skoon | Skoon |
Leeupoort | Thabazimbi PM | – | – | Skoon |
Louis Trichardt | Makhado PM | Skoon | Skoon | Skoon |
Marble Hall | Sekhukhune PM | Skoon | Skoon | Skoon |
Naboomspruit | Lim368 PM | Skoon | Skoon | Skoon |
Nylstroom | Lim368 PM | Skoon | Skoon | Skoon |
Phalaborwa | Ba-Phalaborwa PM | Skoon | Skoon | Skoon |
Pietersburg | Polokwane PM | Skoon | Skoon | Skoon |
Rooiberg | Thabazimbi PM | – | – | Skoon |
Thabazimbi | Thabazimbi PM | – | – | Skoon |
Tzaneen | Groter Tzaneen PM | Skoon | Skoon | Skoon |
Vaalwater | Lim368 PM | Skoon | Skoon | Skoon |
Warmbad | Bela-Bela PM | Skoon | Skoon | Skoon |
Ander | ||||
Letabakamp | Nasionale Krugerwildtuin | Skoon | Skoon | Skoon |
Olifantskamp | Nasionale Krugerwildtuin | Skoon | – | Skoon |
Groendruppelresultate
Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen vier van die dorpe (Ellisras, Naboomspruit, Nylstroom en Pietersburg) se rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.
Limpopo-groendruppelresultate | ||||
Plek | Munisipaliteit | 2017 | 2018 | 2019 |
Ellisras | Lephalale PM | >15000 | >100 000 E. coli
>100 000 fekale kolivormige bakterieë |
>1000 |
Groblersdal | Elias Motsoaledi PM | – | – | – |
Leeupoort | Thabazimbi PM | – | – | – |
Marble Hall | Sekhukhune PM | – | – | – |
Naboomspruit | Lim368 PM | >2500 | >100 000 E. coli
>100 000 fekale kolivormige bakterieë |
>1000 |
Nylstroom | Lim368 PM | >1000 | >100 000 E. coli
>100 000 fekale kolivormige bakterieë |
>1000 |
Phalaborwa | Ba-Phalaborwa PM | 4000 | >100 000 E. coli
>100 000 fekale kolivormige bakterieë |
– |
Pietersburg | Polokwane PM | – | >100 000 E. coli
>100 000 fekale kolivormige bakterieë |
>1000 |
Potgietersrus | Mogalakwena PM | – | – | – |
Tzaneen | Groter Tzaneen PM | – | Skoon | Skoon |
Warmbad | Bela-Bela PM | – | Skoon | Skoon |
Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor munisipale rioolsuiweringsaanlegte waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Ellisras, Naboomspruit, Nylstroom en Pietersburg. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê David Rule, AfriForum se assistentkoördineerder vir Limpopo.
Gee aan AfriForum die mandaat om die gehalte van Limpopo se water voortdurend te moniteer: SMS “Skoon water” na 45342 (R1) om hierdie aksie te steun.
- Lees die volledige verslag hier.