| |

AFRIFORUM MAAK GAUTENG SE BLOU-EN-GROENDRUPPELUITSLAE BEKEND

AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in Gauteng se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.

“Ons kon vasstel dat die volgende areas in Gauteng se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Bloudruppeluitslae

Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Gauteng se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Tabel 1: Bloudruppeluitslae 2013–2020

PlekMunisi-paliteit20132014201520162017201820192020
Gauteng
Alberton (Randhart)Ekurhuleni-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
ApiesrivierTshwane-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
BedfordviewEkurhuleni-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
BenoniEkurhuleni-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
BoksburgEkurhuleni-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
BrakpanEkurhuleni-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
BronkhorstspruitTshwane-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
Centurion-SentraalTshwane-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
Centurion-SuidTshwane-metroSkoonSkoonSkoon
Centurion-WesTshwane-metroSkoonSkoonSkoon
CullinanTshwane-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
EdenvaleEkurhuleni-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
ElsburgEkurhuleni-metroSkoonSkoonSkoon
FochvilleMerafong City PMSkoonSkoon
FloridaJohannesburg-metroSkoonSkoon
GermistonEkurhuleni-metroSkoonSkoonSkoon
HeidelbergLesedi PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
Hennopsrivier-valleiTshwane-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
RoodepoortJohannesburg-metroSkoonSkoonSkoon
KameeldriftTshwane-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
Kempton ParkEkurhuleni-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
KrugersdorpMogale City PMSkoonSkoonSkoon
LochvaalEmfuleni PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
MagaliesburgMogale City PMSkoon SkoonSkoonSkoon
MeyersparkTshwane-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
MeyertonMidvaal PMSkoonSkoonSkoonSkoon
MootTshwane-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
NigelEkurhuleni-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
Pretoria-NoordTshwane-metroSkoonSkoonSkoon
Pretoria-Oos (Garsfontein)Tshwane-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
Pretoria-Oos (Moreletapark)Tshwane-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
Pretoria-Oos (Waterkloof)Tshwane-metroSkoonSkoonSkoonSkoon
Pretoria-WesTshwane-metroHoë fenol- en chroom-konsentrasieSkoonSkoonSkoonSkoon
PrimroseEkurhuleni-metroSkoonSkoonSkoon
RandburgJohannesburg-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
RandfonteinRand West City PMSkoonSkoon
RaytonTshwane-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
SpringsEkurhuleni-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
TedstonevilleEkurhuleni-metroSkoonSkoon
VanderbijlparkEmfuleni PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
Vanderbijlpark-SuidEmfuleni PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
Vanderbijlpark-WesEmfuleni PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
VereenigingEmfuleni PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
WaverleyTshwane-metroSkoonSkoonSkoon
Wes-MootTshwane-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
WestonariaRand West City PMSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
ZambeziTshwane-metroSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon
Ander
Tuks-kampusUniversiteit van PretoriaSkoonSkoonSkoonSkoonSkoon

Groendruppeluitslae

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 13 uit die 15 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Tabel 2: Groendruppeluitslae vir Gauteng (2013–2020)

Gauteng
PlekMunisi-paliteit20132014201520162017201820192020
Alberton (ERWAT Dekema)Ekurhuleni-metro3 900SkoonSkoonSkoon
Apiesrivier (Rooiwal)Tshwane-metro77 00085 000Skoon2 00015 000>100 000>100 000>10 000
BenoniEkurhuleni-metroSkoonSkoon
BrakpanEkurhuleni-metro>2 500SkoonSkoon
Bronkhorstspruit (Godrich)Tshwane-metro2 000>100 000>100 000>10 000
Centurion-Wes (Suiderland)Tshwane-metroSkoonSkoon10 000100 0005 500>100 000>100 000>10 000
Cullinan (Cullinan)Tshwane-metroSkoonSkoonSkoon2 400>10 000>10 000>10 000
EdenvaleEkurhuleni-metro>10 000>10 000
ElsburgEkurhuleni-metroSkoonSkoon
GermistonEkurhuleni-metroSkoonSkoon
HeidelbergLesedi PMSkoonSkoon>3 000Skoon>1000>1 000
RoodepoortRand West DMSkoonToegang geweier
Kameeldrift (Baviaanspoort)Tshwane-metro>10 000>100 000>10 000
Kempton ParkEkurhuleni-metroSkoonSkoonSkoon>1 000
MagaliesburgMogale City PMSkoonToegang geweier
MidvaalMidvaal PM      >15 000Skoon
NigelEkurhuleni-metroSkoonSkoonHoë konsentrasie fekale kolivormige bakterieë>3 000
Pretoria-Wes (Daspoort)Tshwane-metro12 00015 000>10 000>10 000>10 000
PrimroseEkurhuleni-metroSkoonSkoon
RandfonteinRandfontein PM>4 000E. coli >4 000>1 000
SpringsEkurhuleni-metroSkoonSkoon2 000>2 000E. coli >5 000>5 000Skoon
Vanderbijlpark (Leeukuil)Emfuleni PMSkoonSkoonSkoon>1 000>100 000[1]>10 000>1 000
Vanderbijlpark (Rietspruit)Emfuleni PM>100 000>50 000>1 000
Vanderbijlpark (Sebokeng)Emfuleni PM>100 000>50 000>10 000
VereenigingEmfuleni PMSkoonSkoonSkoonSkoon>1 000
WestonariaRand West City PMSkoon2 500SkoonSkoon>10 000

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Nel af.

As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van Gauteng om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45341 (R1) en steun hierdie aksie.

Soortgelyke plasings