AfriForum maak Gauteng-Noord se blou-en-groendruppelstatus bekend


 AfriForum het in Mei 2017 die gehalte van drink- (bloudruppel) en rioolwater (groendruppel) in 12 gebiede in die groter Pretoria-omgewing getoets.
Die monitering van drinkwater in gemeenskappe vorm deel van die burgerregte-organisasie se #skoonwater-inisiatief. “Ons wil deurlopend verseker dat Suid-Afrikaners se grondwetlike reg op toegang tot skoon, lopende water beskerm word,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng-Noord.
Bloudruppel
Die resultate het aangedui dat die hele Tshwane Metro se drinkwater op standaard en toepaslik vir menslike gebruik is.

Gauteng-Noord
Tak Munisipaliteit Provinsie Blou-druppel AfriForum 2013 Blou-druppel AfriForum 2014 Blou-druppel AfriForum 2015 Blou-druppel AfriForum 2016 Blou-druppel AfriForum 2017
Apiesrivier Tshwane Metro Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Bronkhorst-spruit Tshwane Metro Gauteng Skoon
Centurion Tshwane Metro Gauteng  – Skoon Skoon Skoon Skoon
Cullinan Tshwane Metro Gauteng  – Skoon Skoon Skoon Skoon
Kameeldrift Tshwane Metro Gauteng Skoon
Meyerspark Tshwane Metro Gauteng Skoon Skoon Skoon Skoon
Moot Tshwane Metro Gauteng Skoon Skoon
Pretoria-Oos Tshwane Metro Gauteng Skoon Skoon
Pretoria-Wes Tshwane Metro Gauteng Hoë konsentra-sie fenol en chroom Skoon
Rayton Tshwane Metro Gauteng  – Skoon Skoon Skoon Skoon
Wes-Moot Tshwane Metro Gauteng Skoon Skoon
Zambesi Tshwane Metro Gauteng  – Skoon Skoon Skoon Skoon
Ander:  
Tuks Universiteit van Pretoria Gauteng Skoon Skoon

 Groendruppel
AfriForum het die groendruppelwatergehalte in 11 gebiede in die groter Pretoria-omgewing getoets. Daar is bevind dat slegs twee van die gebiede se rioolwater aan die gestelde mikrobiologiese standaarde voldoen.
Nege gebiede het egter nie aan die gestelde regulasies voldoen nie:

  • Apiesrivier stel meer as 15 000 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
  • Bronkhorstspruit stel meer as 2 000 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
  • Centurion stel meer as 5 500 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
  • Cullinan stel meer as 2 400 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
  • Die Moot stel meer as 14 000 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
  • Pretoria-Wes stel meer as 15 000 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
  • Rayton stel meer as 2 400 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
  • Wes-Moot stel meer as 7 000 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.
  • Zambesi stel meer as 8 000 eenhede E. coli per 100 ml water in natuurlike waterbronne vry.

Volgens De Klerk sal AfriForum die nodige stappe neem om toepaslike remediërende prosesse in werking te stel in sowel gebiede wat nie aan die gestelde standaarde voldoen nie as gebiede waar die waterbestuursgehalte nie in die afgelope drie jaar verbeter het nie.

Gauteng-Noord
Tak Munisipaliteit Provinsie Groen-druppel
AfriForum
2013
Groen-druppel AfriForum 2014 Groen-druppel AfriForum 2015 Groen- druppel AfriForum 2016 Groen- druppel AfriForum 2017
Apiesrivier Tshwane Metro Gauteng 77 000 85 000 Skoon 2 000 15 000
Bronkhorstspruit Tshwane Metro Gauteng  
2 000
Centurion Tshwane Metro Gauteng Skoon Skoon 10 000 100 000 5 500
Cullinan Tshwane Metro Gauteng Skoon Skoon Skoon 2 400
Meyerspark Tshwane Metro Gauteng 2 400 11 000 10 000 Skoon
Moot Tshwane Metro Gauteng Skoon 14 000
Pretoria-Oos Tshwane Metro Gauteng Hoë konsentra-sie fekale kolivorme Skoon
Pretoria-Wes Tshwane Metro Gauteng 12 000 15 000
Rayton Tshwane Metro Gauteng Skoon Skoon 2 400
Wes-Moot Tshwane Metro Gauteng 7 000
Zambesi Tshwane Metro Gauteng 2 000 8 000

“Dit is belangrik dat blou-en-groendruppelwatergehalte deurlopend getoets word. Ons moet hierdie lewensnoodsaaklike bron beskerm en seker maak dat die Bloemhof-gebeure van 2014 nie herhaal word nie,” voeg De Klerk by.

Hy noem ook dat AfriForum reeds vanjaar skoon drinkwater aan 2,9 miljoen inwoners van Tshwane verseker het.
SMS “Pretoria” na 45341 (R1) om betrokke te raak by AfriForum se inisiatief vir die volhoubare voorsiening van skoon water en die beskerming van ons waterbronne.

Soortgelyke plasings