AfriForum maak Gauteng-Noord se blou-en-groendruppelresultate bekend
AfriForum het gedurende April 2018 verskeie areas in Pretoria en omliggende gebiede se water getoets om die gehalte van drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.
“Ons kon vasstel dat al die gebiede se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets, aangesien inwoners ’n grondwetlike reg op skoon drinkwater het,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.
Bloudruppelresultate
Dié resultate dui daarop dat die drinkwater wat in Gauteng-Noord getoets is, skoon is:
Tak | Munisipaliteit | AfriForum- bloudruppel 2018 |
Apiesrivier | Tshwane Metro | Skoon |
Bronkhorstspruit | Tshwane Metro | Skoon |
Centurion-Sentraal | Tshwane Metro | Skoon |
Centurion-Suid | Tshwane Metro | Skoon |
Centurion-Wes | Tshwane Metro | Skoon |
Cullinan | Tshwane Metro | Skoon |
Hennopsriviervallei | Tshwane Metro | Skoon |
Kameeldrift | Tshwane Metro | Skoon |
Meyerspark | Tshwane Metro | Skoon |
Moot | Tshwane Metro | Skoon |
Garsfontein | Tshwane Metro | Skoon |
Moreletapark | Tshwane Metro | Skoon |
Waterkloof | Tshwane Metro | Skoon |
Pretoria-Noord | Tshwane Metro | Skoon |
Pretoria-Wes | Tshwane Metro | Skoon |
Rayton | Tshwane Metro | Skoon |
Waverley | Tshwane Metro | Skoon |
Wes-Moot | Tshwane Metro | Skoon |
Zambesi | Tshwane Metro | Skoon |
Tuks-kampus | Universiteit van Pretoria | Skoon |
Groendruppelresultate
Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen die rioolwater wat by ses rioolsuiweringsaanlegte getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie:
Plek | Munisipaliteit | AfriForum- groendruppel 2018 |
Apiesrivier (Rooiwal) | Tshwane Metro | >100 000 |
Bronkhorstspruit (Godrich) | Tshwane Metro | >100 000 |
Centurion-Wes (Sunderlandrif) | Tshwane Metro | >100 000 |
Cullinan (Cullinan) | Tshwane Metro | >10 000 |
Kameeldrift (Baviaanspoort) | Tshwane Metro | >100 000 |
Pretoria-Wes (Daspoort) | Tshwane Metro | >10 000 |
Die burgerregte-organisasie het sy kommer uitgespreek omdat rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie.
“Ons sal dit verder ondersoek en optree indien nodig. AfriForum is tans spesifiek oor die Rooiwal-rioolsuiweringsaanleg in ’n hofgeding,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng.
“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek is op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte toegespits. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word,” sluit De Klerk af.
AfriForum versoek inwoners van Gauteng-Noord om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45341 en voeg jou steun tot hierdie aksie. Elke SMS kos R1.