|

AfriForum kikker Huis Ina Rens se tuin op

AfriForum se Paarl-tak het op 4 Oktober ’n bydrae gemaak tot Huis Ina Rens se multisensoriese tuin deur ’n bosvaderlandswilg en ander struike in dié tuin aan te plant. Hierdie inisiatief is deel van AfriForum se jaarlikse nasionale boomplantmaandprojek in September, wat ten doel het om tot die bewaring en verfraaiing van die omgewing by te dra.

Huis Ina Rens is ’n tuiste vir persone met alzeimers en demensie. Die bosvaderlandswilg is doelbewus gekies omdat dit nie hooikoors vir inwoners veroorsaak nie. Daarbenewens het die keuse van plante ten doel om ekstra kleure en geure aan die perseel te bring om die omgewing vir inwoners en besoekers op te vrolik.

“Deur die inwoners se gesondheid en welstand in ag te neem en by te dra tot die verfraaiing van die omgewing, het AfriForum se Paarl-tak die positiewe impak wat kleinskaalse inisiatiewe op die gemeenskap kan hê ten toon gestel,” sê Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Lede van die gemeenskap word aangemoedig om by AfriForum se Paarl-tak en die Paarl Noord-buurtwag aan te sluit: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings